tuisblad
dienste
kliënte
navrae
ons firma
kontak ons
 
   
   

Ons Missie

Die lewering van 'n doeltreffende finansiële diens wat tot die kliënt se voordeel strek.

Die diens is relevant en toepaslik tot die kliënt. Ons gebruik 'n netwerk van professionele persone sodat ons die gesamentlike kennis van die span kan inspan tot voordeel van die kliënt.

Ons Mense


Paisley Downing


Verwerf die graad B.Econ. aan die Universiteit van Stellenbosch in 1989. Begin met my ouditeursklerkskap by HN Kotzé & Kie en studeer verder deur UNISA en verwerf die grade B.Compt. en Hons. B.Compt.

 
 
         
         
     

In 1993 word ek aanvaar as 'n praktiserende lid by die Instituut van Kommersiële en Finansiële Rekenmeesters van Suider Afrika (CFA(SA)). Verlaat die oudit firma in 1994 en begin as finansiële rekenmeester by Sansure Versekerings Makelaars BK. Die hooftaak was om 'n konsolidasie-proses te loots en te bestuur om die 5 takke te amalgameer in een bedryfseenheid om koste-effektiwiteit en kliënte-diens te verbeter

In September 1996 stig ons die firma, Downing Pienaar Bestuurskonsultante BK, saam met Letha Pienaar. Die firma het grotendeels dieselfde dienste gelewer as Downing & Vennote, met die uitsondering dat daar huidiglik meer gespesialiseerde dienste verskaf word aan spesialiteitsondernemings, soos bv. mediese praktyke.

As gevolg my wydverspreide sakebelange is ek in 1998 aangewys as die Junior Sakeman van die Jaar in die Ou Mutual/AHI kompetisie.

Gemeenskapsbetrokkenheid is by my 'n hoë prioriteit en aangesien ek 'n positiewe bydrae kan lewer tot die sake sektor het ek besluit om al my kragte in te span by die Afrikaanse Handelsinstuut (AHI). In 1996 word ek verkies as bestuurslid van die AHI Bellville. Word verkies as Voorsitter van dié kamer in 2001. 'n Besondere eer het my toegeval in 2002 by die Provinsiale Kongres van die AHI Wes-Kaap deur verkies te word as Voorsitter van die AHI Wes-Kaap. Huidiglik dien ek tans nog op die AHI Bellville se bestuur.

Golf is my passie ek geniet hierdie lewenssport terdeë.

Elmarie Laker


Matrikuleer in 1992 aan die Hoërskool DF Malan. Begin in 1993 studeer by die Kaapse Technikon en verwerf Nasionale Diploma in Sake-Administrasie in 1995. Aanvaar in 1995 'n permanente betrekking by ALVA Management Services CC as Kantoor Administrateur.

ALVA Management Services CC is in 1997 oorgeneem deur die firma Downing Pienaar Bestuurskonsultante BK. Net na die oorname word die geleentheid aangeneem om verder te studeer. Verwerf die graad B.Tech(Belasting) in 2001 en kwalifiseer dan as 'n praktiserende CFA lid.

 

     
tuisblad kontak ons Business Report South Africa Revenue Service SARS E Filing Pastel Accounting South African Institute of Professional Accountants